Lééf Tydskrif
yesterday at 15:05. Facebook
Ons volg nie vir God omdat ons liefde ontvang nie, God is lief vir ons – en dit is hoekom ons Hom volg. Neil Anderson
Lééf Tydskrif
yesterday at 06:08. Facebook
23 Maart
Ek is EK
Groot Kunstenaar, dankie dat ek presies myself kan wees – ontspanne in die wete dat U my mý gemaak het en wil hê dat ek meer ék sal word! Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Johannie Brand
Lééf Tydskrif
03/22/2017 at 15:00. Facebook
Geloof verwag van God dit wat bo alle verwagting is. Andrew Murray
Lééf Tydskrif
03/22/2017 at 14:07. Facebook
God dra jou deur wildernistye, glo aktrise Clara van den Bergh. Dis wanneer jy liefde en medelye vir ander ontdek en voorberei word vir groot dinge. Lees meer oor dié pragtige vrou se geloofspad in die Maart-uitgawe van Lééf met hart & siel by [ Leef.co.za Link ].
Lééf Tydskrif
03/22/2017 at 07:09. Facebook
Lééf Tydskrif
03/22/2017 at 06:00. Facebook
22 Maart
My mense
Hemelse Pa, dankie vir die welmenende mense om my. Ek behoort, word aanvaar, ek voel tuis! Ek bid vir hulle: my familie, vriende, my ménse! Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Wanda Tait
Lééf Tydskrif
03/21/2017 at 15:00. Facebook
‘n Skip in die hawe is veilig, maar dit is nie waarvoor skepe gemaak is nie. – John A. Shedd
Lééf Tydskrif
03/21/2017 at 06:00. Facebook
21 Maart
U het my getref
Genadige God, dankie dat u oneindige liefde mý getref het. “God is Liefde” en “ek is Sy geliefde” – dít is ons verhouding! Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Nadia Luckhoff
Lééf Tydskrif
03/20/2017 at 15:00. Facebook
Die mens is nie ryk, wat baie het nie, maar die mens is ryk wat gee. – Erich Fromm
Lééf Tydskrif
03/20/2017 at 11:05. Facebook
Regoor die wêreld is daar Christene wat al hoe meer vervolg word omdat hulle in Jesus Christus glo. Lees meer oor die durf en deursettingsvermoë van vervolgde gelowiges in Oos-Afrika, asook die diens wat Geopende Deure aan vervolgde Christene in hierdie deel ons kontinent lewer, in die Maart-uitgawe van Lééf met hart & siel by [ Leef.co.za Link ].
Lééf Tydskrif
03/20/2017 at 06:00. Facebook
20 Maart
Een verstaan!
Begrypende Here, dankie dat U my hart verstaan. Niemand ken my soos U nie, niemand weet wat my bedoelings is nie – maar U weet, U verstaan! Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Christiaan Wichmann
Lééf Tydskrif
03/19/2017 at 06:00. Facebook
19 Maart
Vir my daar
Dankie Here, vir my gemeente – ek het broers en susters wat uiteindelik, na alles, vir my daar is, soos dit met broers en susters gaan. Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Anna Eksteen
Lééf Tydskrif
03/18/2017 at 06:00. Facebook
18 Maart
Hoe groot is U
Allerhoogste, die grootsheid van die heelal laat my duisel: biljoene hemelstrate, ontelbare sterre, duistere verskynsels… Dankie dat U so groot is! Amen.

Gebed vanaf die Februarie 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -
Foto geneem deur: Hannelie Bester
Lééf Tydskrif
03/17/2017 at 15:00. Facebook
“Geloof is nie die vermoë om in ‘n ver en onbekende toekoms te glo nie. Dit is eenvoudig om God se beloftes te vertrou en die volgende stap te neem.”- Joni Eareckson Tada
Lééf Tydskrif
03/17/2017 at 14:21. Facebook
Lééf Tydskrif
03/17/2017 at 07:00. Facebook
Boek van die week: Omvou deur genade deur Dalene Reyburn. Vandat ons ons oë oopmaak in die oggend, totdat ons dit toemaak in die aand, is die lewe is een dolle gejaag. Geen wonder dat ons soms uitgeput en oorweldig voel nie. Omvou deur genade motiveer vroue om tot God te nader en die vrede van ‘n toegewyde en standhoudende geloof te leer ken. Die 366 kort, maar kragtige oordenkinge, sal jou...
View details ⇨
Lééf Tydskrif
03/17/2017 at 06:00. Facebook
17 Maart
Energerend
Here van die lewe, dankie vir die kreatiwiteit en sensitiwiteit van begaafde mense om my, wat só inspirerend en energerend is! Wat ‘n voorreg! Amen.

Gebed vanaf die Maart 2017 Gebedskalender.
Beskikbaar op ons webblad -

Foto geneem deur: Hannelie Bester
16 Maart
Uit u hand
Vrygewige God, dankie dat U my seën – ek leef mildelik uit wat U hand gee, ek voel bevoorreg, begunstig, geseënd. Maak my ook vrygewig! Amen.
Te veel kere strek die mens sy hande op na die sterre, maar vergeet van die blomme om sy voete. - Jeremy Bentham